#Sleutelgedagtes: Handleiding vir die gebruik van ons lesse

handleiding vd gebruik v ons lesse

Wanneer ons ‘n nuwe motor koop, kry ons ‘n handleiding by.  Dit verduidelik mooi vir ons hoe hierdie spesifieke motor werk en hoe om die meeste uit dit uit te kan kry.  Met dit ingedagte, het ons gevoel om ook ‘n kort handleiding te skryf rondom ons lesse.

Ons bedien vyf verskillende jeuggroepe per week, en die kultuur, omstandighede en tyd van elkeen verskil, dus verskil die lesse heelwat om by die onderskeie groepe aan te pas.

EPIC Jeug :

Ons bedien hierdie groep kinders op ‘n Woensdagaand van 18:30-20:00. Ons het dus baie tyd om intensief met hulle te werk. Die lesse is dus baie langer en in baie meer diepte as die ander groepe waar ons nie so baie tyd het nie. Volwassenes is die leiers in hierdie kleingroepe. Die lesse wat hier beskikbaar is, is vir Graad 6-12 kinders bedoel.

G1:

Hierdie groep kinders kom op ‘n Donderdagmiddag na skool van 14:30-15:00 bymekaar. Hulle lesse is kort kragtige lesse omdat ons nie baie tyd met hulle het nie. Graad 6-7 kinders is die leiers in hierdie kleingroepe. Die lesse wat hier beskikbaar is, is vir Graad 1-7 kinders bedoel.

SKOLEBEDIENING:

Die skolebediening staan op twee bene – die een is Vrydagmiddae na skool van 13:30-14:30 by Laerskool Piet Retief en die ander een Donderdagoggende voor skool van 07:30-08:00 by Hoërskool Otto du Plessis. Die lesse is ook kort kragtige lesse vir die onderskeie ouderdomsgroepe.

SENIOR SONDAGSKOOL:

Senior Sondagskool is op ‘n Sondagoggend na kerk vir die Graad 7-11 kinders. Ons probeer om die lesse interaktief te hou, maar nie te lank nie, omdat die kinders reeds na ‘n preek gesit en luister het, en nie lus het om nog te sit en luister nie. Ons werk ook binne kleingroepe met ‘n volwasse groepleier en ‘n aanbieder vir die grootgroep, net soos by al ons ander jeuggroepe.

KINDERKERK:

Kinderkerk is op ‘n Sondagoggend tydens die erediens. Ons kinders Praise and Worship eers saam met ons voordat hulle na hul lokale verdaag. Om hierdie rede is ons lesse kort, want ons het ongeveer 30 minute om die les en die prakties in te doen. Die Kinderkerk lesse op die Blog is vir die Graad R-3 groep geskryf. Die Junior lesse kan vir die Graad 4-6 kinderkerk groep gebruik word.

FORMAAT VAN ONS LESSE:

Ysbrekers: Ons het besef dat kinders ‘n behoefte het aan speel.  Ons raak laf met ysbrekers, maar hierdie ysbrekers dien ook ‘n doel.  Dit het altyd te doen met die les en hoewel dit die kinders ontspan, help dit ook om hulle gedagtes te begin rig op die les wat kom.

Process ysbreker: Hierdie gedeelte dien dan om die ysbreker te begin deurtrek na die les en die kinders rustiger te kry.

Kleingroepe: Ons verkies om in kleingroepe te werk en die lesse is dan ingerig volgens ‘n kleingroep struktuur.  Ons het grootmens vrywilligers wat as groepleier optree en die groepe word so ver as moontlik opgedeel in ouderdomsgroepe.  Die groepleier is daar om dissipline te handhaaf en die kinders te kry om oop te maak.

Aanbieder: Ons aanbieder is daar om die ysbreker te hanteer, te process en natuurlik die gesprek te fasilliteer.  Die aanbieder bring m.a.w.  heeltyd die terugvoering sinvol bymekaar en begelei die kleingroepe deur die hele les.

Opset: Daar heers ‘n baie gemaklike atmosfeer in al ons lokale.  Ons geniet dit om lekker plat op die grond te sit in ‘n kring.  Ons doen losprysing  almal saam en daarna verdaag die graad r-3 na hulle lokaal.  Daarna gaan ons oor na bietjie dieper lofprysing en aanbiddings liedjies, waarna die graad 4-5 en graad 6-12 na hulle lokale verdaag.

Finale wenk: Ons het gevind dat die kinders gretig is om te gesels, vrae te vra, deel te neem en terugvoering te gee.  Ons het dus lankal besluit dat die grootmense min praat en dat ons nie ‘n “preek” doen nie, maar dat ons dit ‘n lekker saamgesels geleentheid maak.  Almal se stem moet gehoor word en saam ontdek ons die Here.

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s