Sondagskool les: Drie-Eenheid Snr.

sondagskool - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Daar is ook lesse oor die Drie-Eenheid vir Kinderkerk en Juniors by die volgende skakels:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/06/08/kinderkerk-les-drie-eenheid/

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/09/18/junior-jeugles-drie-eenheid/

Drie-Eenheid – Senior

Hierdie kwartaal se tema by EPIC Jeug is Ani-brand-fees. Ons kyk hierdie kwartaal na Wie die God is wat ons aanbid deur elke week oor Een van die Drie-Eenheid te gesels.

Die doel van hierdie lesse is om die kinders weer onder die indruk te bring van hoe groot en hoe amazing die God is wat ons aanbid. Hierdie is die eerste les, die volgende lesse is God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees en sal binnekort volg. Hierdie lesse kan ook vir Sondagskool gebruik word.

Die Drie-Eenheid is ‘n baie moeilike begrip om te verduidelik – en te verstaan, des te meer vir kinders. Ons kinders het hierdie les baie geniet, en al verstaan hulle nie regtig nie (wie doen werklik), het hulle die konsep gesnap en dit was vir ons baie belangrik gewees.

Tydens hierdie les het ons een van die vele illustrasies oor die Drie-Eenheid gebruik, een wat nie so bekend is nie, maar eintlik baie meer effektief en akkuraat as al die ander. Ons het vir die kinders ‘n klomp skrifdele gegee om te ondersoek, en daarna was dit hulle beurt om die verskillende illustrasies aan die groep te verduidelik, en DIT het hulle aan die dink gesit, baie meer as wat sou gebeur het as ons alles self gedoen het.

Hulp vir Leiers: Wanneer ons moeilik onderwerpe met die kinders behandel, dan probeer ons so bietjie ekstra hulp vir die leiers gee om te verseker dat hulle toegerus is vir hulle taak.

JEUGLES – Drie-Eenheid

Hulp vir Leiers – Drie Eenheid

DRIE- EENHEID – Ysbreker 2

DRIE-EENHEID – Vrae in die Groepe

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/

 

 

4 thoughts on “Sondagskool les: Drie-Eenheid Snr.

  1. Pingback: Sondagskool les: Drie-Eenheid Jnr. |

  2. Pingback: Kinderkerk Les: Drie-Eenheid |

  3. Pingback: Sondagskool Lesse |

  4. Pingback: Kinderkerk Lesse |

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s