Kinderkerk Les: Paasfees 1

kk les - paasfees 1 - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Paasfees 1

Paasfees is vir ons as Christene die belangrikste paar dae op die kalender, want dis soveel meer as paaseiers en ‘n lekker lang naweek van weggaan saam met jou gesin.

Dis die tyd waarin ons Jesus se wonderlike liefdesoffer aan die kruis herdenk, maar ook die grootste geskenk, Sy opstanding! Maak seker jou kinders verstaan dat Paasfees NIE oor paaseiers en ‘n paashaas gaan nie, maar oor ‘n Verlosser wat die grootste offer en die grootste geskenk vir ons kom gee het.

Hierdie is ‘n oulike, interaktiewe les wat rondom ‘n teesakkie plaasvind, die kinders leer hoe sonde ons skei van God en hoe Jesus ons weer met God versoen.

Vir hierdie les het jy ‘n spesifieke teesakkie nodig, want aan die einde word dit aan die brand gesteek en ‘vaar dit op’, soos Jesus opgevaar het hemel toe. Die teesakkie MOET ‘n ‘tag’ aanhê, anders werk die les nie. Dit hoef nie hierdie spesifieke tee te wees nie, dis wat ons in die hande kon kry.

12

13

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Paasfees

Volg gerus hierdie skakel na al ons Paasfees Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s