AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Die koste van sonde – Senior
Hierdie is die vierde les van die Senior Sondagskool lesreesks oor My identiteit in Christus.
In hierdie les leer die kinders dat sonde skeiding bring tussen ons en God. God is regverdig en Hy moet sonde straf. Hy is ook genadig en wil ons nie straf nie.
Die verhaal van Agan se sonde en straf in Joshua 7:14-26 word gebruik, saam met ‘n oulike illustrasie oor gemifde brood en die ysbreker stenig die sondaar.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
SONDAGSKOOL LES – 4. Die koste van sonde
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-sondagskool/page/1/
Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-kinderkerk/