Nagmaal: Berei jou kinders voor

berei jou kinders voor - groot

Nagmaal is een van die wonderlikste tekens wat Jesus vir ons as Sy kinders kom gee het om te onthou wat Hy vir ons gedoen het. Ons vergeet egter maklik dat ons kinders nie weet waaroor die nagmaal gaan as ons hulle dit nie leer nie.

Nagmaal lesse:

Ons het twee Kinderkerk lesse en twee Sondagskool lesse oor die Nagmaal op die Blog beskikbaar. Volg gerus die skakel hieronder na die lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/nagmaal/

Kreatiewe Nagmaalsdiens:

 

Ons het onder leiding van die Heilige Gees baie kreatief geraak en die nagmaal Kinderkerk les gevat en aangepas vir ‘n Kinder / Jeugdiens en dit was AMAZING gewees. Ons het vooraf met die ouers van die Graad R-6 kinders gereël om tydens Praise and Worship te gaan aantrek soos Bybelse figure. Hulle het dan saam met hulle kinders rondom die nagmaalstafel gesit en die nagmaal gebruik.

DinkJeug het ook ‘n paar oulike kreatiewe idees rondom die nagmaal. Volg die skakel na die artikel:

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/09/06/kreatiewe-nagmaal-diens/

Berei jou kinders voor om deel te neem aan die nagmaal:

Picture1-270x300

Somerstrand gemeente het ‘n pragtige boekie geskryf waarin hulle ouers help om kinders voor te berei om deel te neem aan die nagmaal. Hierdie boekie kan gratis by die skakel hieronder afgelaai word. Dis baie eenvoudig en prakties en beslis die moeite werd om af te laai en te gebruik.

Click to access Nagmaal%20Kinders%20Somerstrand%20Gemeente%20-%20web.pdf

Nagmaal Kinders Somerstrand Gemeente – web

DinkJeug het ook ‘n paar oulike idees rondom gesprekke met jou kinders rondom die nagmaal. Volg die skakel na die artikel:

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/06/27/huisgeloof-2/

Volg die skakel hieronder na ons ander hulpbronne oor Nagmaal:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/nagmaal/

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s