Is jy een van daai Christene wat as jy die woord “wetenskap” hoor, sien jy aap-mense en evolusie en slaan jou ore toe en jy luister nie verder nie?
Hier by Algoa Gemeenskapskerk glo ons NIE aan evolusie nie, maar dat God die Almagtige Skepper van die hemel en die aarde is.
Bybel-Wetenskap-Eksperimente:
Wetenskap (sonder die evolusie deel) is ‘n wonderlike hulpbron om Bybelse waarhede aan jou kinders op ‘n baie kreatiewe manier te verduidelik wat hulle beslis nog vir baie lank sal onthou.
Soos julle weet (hoop ons), hou ons van kreatiewe idees en maniere om die Evangelie vir ons kinders lewendig te maak, want die Evangelie IS lewendig!! Ons Jeugwerker gebruik gereeld van hierdie wetenskap-illustrasies om moeilike begrippe vir ons kinders te verduidelik terwyl hulle haar met GROOT oë sit en aankyk. Vra hulle later wat hulle geleer het, en hulle sal jou PRESIES kan vertel, want hulle ONTHOU dit, en DIS tog waarna ons mik.
Ons wil hê die kinders moet ONTHOU wat ons hulle leer, en die inligting nie saam met al die dag se kennis êrens in hulle breins verlore raak nie.
Ons het gaan rondkrap op die internet, en op ‘n klompie baie oulike Bybel-wetenskap lesse afgekom wat ons graag met julle wil deel. Ons wil julle regtig motiveer om “uit-die-boks” te klim en julle jeugbediening in 2018 in ‘n nuwe rat te begin.
Bybel-Wetenskap-Webtuistes
Hier is ‘n klompie Webtuistes wat julle gerus kan besoek en regtig moeite doen om deur die lesse en die wetenskap-illustrasies te werk:
http://www.madaboutjesus.net/index.html
https://www.christianitycove.com/dir/bible-science-lessons/
http://www.sharonministries.org.za/Science.htm
http://childrensministry.com/articles/science-object-lessons
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool/