AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Raising the bar – Senior
“Raising the bar” – daar is ongelukkig nie ‘n mooi manier om dit in Afrikaans te sê en dieselfde effek te hê nie. Verhoog jou standaarde, stel jou standaarde hoër. In hierdie les leer die kinders om op te hou ‘limbo’ speel, en te begin ‘hoogspring’ – dit daag hulle uit om anders te leef en anders te lyk as die wêreld. Hierdie les sluit baie mooi aan by die een oor “Laat jou liggie skyn”.
Ons kinders het hierdie les baie geniet omdat ons dit so prakties as moontlik probeer maak het. Ons het eers lekker musiek gespeel en almal het die ou ‘limbo’ speletjie vreeslik geniet. Daarna het ons hulle uitgedaag om hoog te spring op ‘n ou sagte ‘sleepercouch’ wat ons kerk toe gedra het. Dit was interessant hoe almal deelgeneem het aan die ‘limbo’ speletjie, maar hoe min kans gesien het om die hoogspring te waag – en dit het die tema van die les pragtig geillustreer. Hierdie les is aangepas van ‘n engelse les wat gratis op die internet beskikbaar is, ons kon ongelukkig nie die bron opspoor om krediet aan hulle te gee nie.
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/30/jeug-raising-the-bar/ […]
LikeLike