Ons probeer om ten minste een keer per kwartaal ‘n lekker “Funaand” met ons kinders by EPIC Jeug te hou. Ons het by twee geleenthede “The Amazing Race” met hulle gedoen. Die eerste keer was in die vorm van ‘n speletjies-aand met verskillende leidrade en uitdagings.
Die kerk sit in die middel van ‘n singel, met heelwat lidmate wat in die singel woon. Die tweede keer het ons vooraf met die lidmate gereël en hulle huise asook ‘n paar plekke op die kerkterrein self was ons ‘pitstops’ gewees. Die kinders het hierdie een vreeslik geniet, lekker ‘verdwaal’ en party glad nie eers by al die ‘pitstops’ uitgekom nie, maar dit was verreweg die funaand wat hulle nog die meeste geniet het!
AMAZING RACE 1:
AMAZING RACE 2:
Lys van Leidrade na bestemmings
Volg gerus die skakel hieronder na ons ander funaande
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/