AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse
Lesreeks: Heilige Gees – Seniors
Hierdie mini-reeks oor die Heilige Gees, is deel van drie reekse oor die Drie-Eenheid wat vir Sondagskool geskryf is. Die eerste reeks fokus op God die Vader, die volgende God die Seun – Jesus Christus, en hierdie reeks op God die Heilige Gees. Elke reeks is gefokus op een van die Persone van die Drie Eehheid.
Daar is soveel wat ons die kinders oor die Heilige Gees kan leer, maar hierdie het ons beleef is die neutedop oor die Heilige Gees, om dit nie vir die kinders te ingewikkeld te maak nie.
Ons het hierdie reeks by die Sondagskool asook by EPIC Jeug gedoen, jy sal dus twee lesse by elke tema sien. Sondagskool is die kort les en die EPIC Jeugles die langer les.
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Drie-Eenheid
- Wie is die Heilige Gees?
- Pinkster
- Gees van die Waarheid
- Wedergeboorte
- Tempel van die Heilige Gees
- Hersienings Les oor die Heilige Gees
1. SONDAGSKOOL LES 1: Drie-Eenheid
As jy nie die drie reekse oor die drie Persone van die Drie-Eenheid doen nie, is dit belangrik dat die kinders sal verstaan van die Drie-Eenheid en waar die Heilige Gees ‘inpas’ voordat jy met die reeks oor die Heilige Gees begin.
Hierdie les verduidelik hoe hierdie amazing God wat ons aanbid so komplek is dat Hy drie persone in een is, iets wat ons menslike verstand nooit werklik sal verstaan nie.
1. SONDAGSKOOL LES – Drie-Eenheid
EPIC Jeugles:
DRIE-EENHEID – Vrae in die Groepe
Hulp vir Leiers – Drie Eenheid
2. SONDAGSKOOL LES 2: Wie is die Heilige Gees?
In hierdie les leer ons dat Jesus die Heilige Gees belowe het leer ons ‘n bietjie meer oor wat die Heilige Gees doen.
2. SONDAGSKOOL LES – Wie is die Heilige Gees
EPIC Jeugles:
JEUGLES -Wie is die Heilige Gees
Wie is die Heilige Gees – Werksblaai
3. SONDAGSKOOL LES 3: Pinkster
In hierdie les gesels ons oor wat Pinkster is, hoe dit gebeur het, en wat dit vir ons as kinders van God beteken.
Hierdie videoclip is tydens die Sondagskool les oor Pinkster gebruik:
EPIC Jeugles:
Hierdie videoclip is tydens die EPIC Jeugles oor Pinster gebruik:
4. SONDAGSKOOL LES 4: Gees van die Waarheid
In hierdie les leer die kinders hoe die Heilige Gees ons lei in die waarheid en getuig van Jesus. Ons het twee ysbrekers ingesluit – ‘n woordsoek en ‘n woordskommel. Julle kan albei gebruik of net die een.
4. SONDAGSKOOL LES – Die Gees van die Waarheid
Woordsoek – Die Gees van die Waarheid
Woordskommel – Die Gees van die Waarheid
EPIC Jeugles:
JEUGLES – Gees van die Waarheid
Gees van die Waarheid – Werksblad
Gees van die Waarheid – Woordsoek
Gees van die Waarheid – Hidden face
5. SONDAGSKOOL LES 5: Wedergeboorte
Wedergeboorte is ‘n onderwerp wat baie moeilik is om te verstaan en aan kinders te verduidelik. Ons het dit so eenvoudig as moontlik probeer hou, sonder om iets van dit weg te vat.
5. SONDAGSKOOL LES – Om weer gebore te word
EPIC Jeugles:
6. SONDAGSKOOL LES 6: Tempel van die Heilige Gees
In hierdie les leer die kinders hoe die Heilige Gees ons help nadat ons Hom ontvang het as wedergebore kinders van God.
6. SONDAGSKOOL LES – Tempel van die Heilige Gees
EPIC Jeugles:
JEUGLES – Tempel van die Heilige Gees
Tempel van die Heilige Gees – Spot the difference – PPT
Tempel van die Heilige Gees – Tekens – PPT
7. SONDAGSKOOL LES 7: Hersienings les
In hierdie les word alles wat die kinders die kwartaal geleer het hersien deur middel van ‘n aktiwiteit in die onderskeie groepe.
7. SONDAGSKOOL LES – Hersienings les oor die Heilige Gees
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-snr/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/21/sondagskool-lesreeks-heilige-gees-2-snr/ […]
LikeLike