Sondagskool Materiaal 1

Sondagskool materiaal 1

Ons het die laaste paar maande baie mense hoor sê dat die kinders by hulle kerk nie meer Sondagskool toe wil kom nie, of hulle is daar, maar die kinders is baie verveeld en wil nie deelneem nie.

Hier by ons het ons nuut oor Sondagskool begin dink, oor die materiaal en die manier hoe ons die lesse aanbied. Ons deel graag ons materiaal en idees met julle en hoop dit maak ‘n verskil by julle soos dit by ons gedoen het.

Ons het ‘n KLOMP materiaal beskikbaar wat jy in die kategorie-afdeling sal vind. Ons gaan so paar Blog post daaroor doen so hou jou “inbox” dop as jy ons e-mails kry, en as jy bang is jy mis dit, volg die Blog saam met ons ander lesers wat al ons nuwe ‘posts’ per e-mail kry.

Ons het ook die skakels na ons Junior en Senior Sondagskool lesse asook die Kinderkerk lesse bygevoeg.

‘n Goeie ysbreker is vir ons ‘n MOET voordat ons met die les begin. Dit het altyd met die tema van die les te doen, en kan verskeie vorms aanneem. Hieronder is die twee kategorieë waar julle ons hulpbronne daarvoor sal vind – Bybel Aktiwiteite en Speletjies.

Bybel Speletjies:

Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Bybel Aktiwiteite:

Ons Bybel aktiwiteite is almal rustig waar kinders iets moet neerskryf of iets moet opsoek, dit bestaan uit: Bybelboeke van die Ou en Nuwe Testament; Versteekte prente; Dot-to-Dot; Blokraaisels; Woordsoek; Bybel Kopkrappers; Versteekte boeke van die Bybel en Bybel Brain teasers.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Speletjies:

Die Speletjie afdeling sluit ‘n groot verskeidenheid speletjies in, van rustige speletjies, PowerPoint Speletjies en meer aktiewe speletjies. Jy sal die volgende onder hierdie afdeling vind:

Jeug Funaand – Speletjies; PowerPoint speletjies; Bybel matching games; Left-Right-Speletjies; Bybelse Minute-to-win-it speletjies; Skattejag; Bybel charades; Bybel Emoji’s; Bybel Would You Rather; I Spy; Vind en kleur in; Voltooi die prentjie; Vind die…; Wie’s wie in die Bybel; Emoji Speletjie; Wacky woorde; Aktiewe speletjies; Company Slogan PPT speletjie; Verwarring speletjie.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/ysbrekers-en-speletjies/

Stories:

Stories is ‘n wonderlike hulpbronne om as deel van ‘n les te gebruik, kom kyk gerus watter oulike stories ons beskikbaar het:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Internet Hulpbronne:

Onder hierdie kategorie is ‘n verskeidenheid van ander gratis lesse wat ons op die internet opgespoor het, asook ‘n verskeidenheid van internet hulpbronne wat baie nuttig vir jeugbediening is.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/internet-hulpbronne/

Leier Toerusting:

Goeie, Afrikaanse leierskap toerusting is baie skaars indien onmoontlik om op te spoor. Ons het op so paar goeie hulpbronne afgekom wat ons graag met julle deel.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/leier-toerusting/

Junior Sondagskool lesse:

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.  Junior lesse is kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-jnr/

Senior Sondagskool lesse:

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-snr/

Kinderkerk lesse:

Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/

As julle bietjie meer oor ons gemeente wil weet, volg gerus die volgende skakel:

http://kerkbode.christians.co.za/2017/10/27/nuwe-verbeelding-bring-lewe-vir-gemeentes/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s