Bybel Aktiwiteite: Boeke van die Ou Testament

Boeke vd Ou Testament

Bybel aktiwiteite is rustig van aard, het ‘n Bybelse basis en benodig pen en papier. Dit sluit die volgende aktiwiteite in: Brain Teasers; Versteekte prente; Woordsoek; Blokraaisels; Geheime Kodes; Kopkrappers; Dot to Dot ens.

Boeke van die Ou Testament:

Om te weet waar om die Bybelboeke in die Bybel te vind, maak Bybel lees net soveel makliker, en om dit speel-speel te leer is gewoonlik die maklikste manier.

Ons het so paar hulpbronne in Afrikaans saamgestel wat dalk daarmee mag help. Jou kinders se ouderdomsgroep gaan natuurlik bepaal van watter hulpbronne jy gebruik sal maak. Hierdie Afdeling fokus op die Boeke van die Ou Testament, daar is ook ‘n Afdeling vir die Boeke van die Nuwe Testament by die skakel onderaan die post.

Om te weet hoe die boeke van die Ou Testament saamgestel is, help om hulle beter te verstaan en te onthou, dis gewoonlik waar ons met die kinders begin:

Die Wet:

  • Genesis
  • Eksodus
  • Levitikus
  • Numeri
  • Deuteronomium

Geskiedenis:

  • Josua
  • Rigters
  • Rut
  • 1 Samuel
  • 2 Sameul
  • 1 Konings
  • 2 Koning
  • 1 Kronieke
  • 2 Kronieke
  • Esra
  • Nehemia
  • Ester

Gedigte:

  • Job
  • Psalm
  • Spreuke
  • Prediker
  • Hooglied van Solomo

Groot Profete:

  • Jesaja
  • Jeremia
  • Klaagliedere van Jeremia
  • Esegiël
  • Daniël

Klein Profete:

  • Hosea
  • Joël
  • Amos
  • Obadja
  • Jona
  • Miga
  • Nahum
  • Habakuk
  • Safanja
  • Haggai
  • Sagaria
  • Maleagi

Die PowerPoint Presentation hieronder sal jou help om die samestelling van die Ou Testament aan die kinders te verduidelik. Ons sluit ook ‘n Werksvel: Die Ou Testament se boeke van die Bybel, in waarop hulle dan die groepe kan invul om dit na die tyd beter te onthou. Die Ou Testament Matching Game gebruik die kinders dan self om die regte boeke by die regte groepe te pas.

PPT: Ou Testament – Groepering van Bybel Boeke

Werksvel: Die Ou Testament se boeke in die Bybel

Ou Testament Matching Game

Ou Testament Flashcards:

Wanneer die kinders die uitleg van die Ou Testament verstaan dan is die ‘Flashcards’ die volgende stap. Dis ‘n stel kaartjies met al die boeke van die Ou Testament in Afrikaans op, en hulle moet dit dan self in die regte volgorde plaas. Ons het Sundayresources se kaartjies gevat en dit na Afrikaans vertaal (http://sundayschoolsources.com/classmat/OT-flashcards.pdf). Daarna kan hulle gereeld verskeie speletjies rondom die boeke van die Bybel speel om dit vas te lê. Volg die Pinterest bord oor Bybel Boek Speletjie vir ‘n klompie oulike idees.

Flashcards – Boeke van die Ou Testament – Word

Ou Testament Aktiwiteite:

As jy sommer net deur die boeke van die Nuwe Testament op ‘n pret manier met jou kinders wil werk kan die volgende dalk help:

PPT – Ou Testament Speletjie – voor en na

Ou Testament Woordskommel – Word

Ou Testament Woordsoek

Ekstra hulp rondom die Ou Testament:

Die volgende inligting is eintlik meer vir die leiers as vir die kinders, maar dit kan ook kreatief vir ouers kinders gebruik word.

Wanneer ons die Bybel lees verstaan ons nie altyd wat die kerngedagte van die Bybelboek is nie, en daarom maak dit die verstaan daarvan soms moeilik. Hieronder is hulp (in Afrikaans) wat jou sal help verstaan wat die kerngedagte van elke Bybelboek is.

Volg die skakel hieronder vir ‘n uitsetting van die kerngedagtes van al die boeke van die Ou Testament:

https://www.gotquestions.org/Afrikaans/boek-ou-testament-samevatting.html

Pinterest Bord: Bybelboek Speletjies:

Volg die Pinterest Bord: Bybelboek Speletjies vir ‘n klompie oulike, kreatiewe maniere om veral die kleintjies die Bybelboeke te leer:

Bible Project:

As jy nog inligting rondom die verskeie Bybelboeke soek, gaan loer gerus na die Bible Project se video clips oor elke Bybelboek, asook ‘n verskeidenheid ander belangrike temas in die Bybel:

https://www.youtube.com/user/jointhebibleproject

Volg die skakel hieronder na ons ander Boeke van die Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/boeke-van-die-bybel/

3 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s