AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Die brandende oond
Hierdie les gaan oor Daniël se drie vriende wat nie voor die koning se beeld wou buig nie, en toe in die brandende vuuroond gegooi is.
Soms voel ons bang of ons voel om die regte ding te doen baie moeilik is, maar ons kan weet dat God ons sal help en beskerm. Hy weet dat ons bang is, maar Hy kan enige iets doen en ons kan in Hom glo. Ons moet naby aan Hom bly leef en Hy sal ons braaf maak net soos vir Sadrag, Mesag en Abednego.
Dis ‘n interaktiewe les, waaraan die kinders die heeltyd deelneem.
Laai die les hieronder in PFD formaat af:
3. KINDERKERK LES – Die brandende oond
3. Die brandende oond – inkleurprent
Volg die skakel hieronder na die ander Kinderkerk lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/
Volg die skakel hieronder na die Sondagskool lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/