AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Die Skrif teen die muur
Hierdie les gaan oor die skrif teen die muur, en God wat vir koning Belsasar daardeur ‘n boodskap gegee het. Koning Belsasar het gedink hy en sy afgode is sterker as God en dat hy God nie nodig het nie.
Dis ‘n interaktiewe les, wat begin met ‘n Emoji-raai teen die muur, daarna maak die kinders reg vir ‘n partytjie, en ontsyfer hulle saam met Daniël wat die boodskap teen die muur beteken.
Laai die les hieronder in PFD formaat af:
4. KINDERKERK LES – Die skrif teen die muur
Volg die skakel hieronder na die ander Kinderkerk lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/
Volg die skakel hieronder na die Sondagskool lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/