In Matt 5:13 gee Jesus ons die opdrag om die sout vir die aarde te wees. Sout is egter vir ons ‘n alledaagse item met nie veel meer waarde as om smaak aan kos te gee nie. Sout is egter soveel meer as dit, en as ons DIT verstaan, dan maak die opdrag om sout vir die aarde te wees soveel meer sin en het dit soveel meer betekenis.
Sout vir die Aarde
Hierdie is die eerste les in ons mini-reeks oor “Sout vir die Aarde”. Hierdie les word in die vorm van ‘n Funaand gehou, en ons kyk na die waarde van sout, sodat ons die opdrag om sout te wees beter kan verstaan.
1. ALGEMENE KENNIS: Ons begin deur te kyk hoeveel die kinders van sout weet, en bespreek dan watter gevolgtrekking ons oor sout in die Bybelse tyd kan maak.
2. TASTE TEST: Kon kan nie SIEN of daar sout in kos is nie, ons moet dit proe. Die kinders word geblinddoek en moet dan ‘n klomp goed proe en besluit watter sout in het en watter nie.
3. SOUT-EKSPERIMENTE: Ons doen 4 eksperimente met die kinders om aan hulle te demonstreer hoe amazing sout regtig is en dat dit meer is as net die ‘spice’ wat kos nie laat ‘laf’ smaak nie. Elke eksperiment word geestelik deurgetrek nadat ons dit gedoen het sodat dit nie net ‘n ‘cool’ eksperiment is nie, maar betekenis het.
Eksperiment 1: Eier sink in gewone water, maar dryf in soutwater
Eksperiment 2: Sout laat ys smelt
Eksperiment 3: Sout laat tonic water bruis soos eno’s
Eksperiment 4: Sout laat water vries
4. SAMEVATTING: Wanneer Jesus ons met sout vergelyk bedoel Hy dat ons die wêreld beter moet maak soos sout dit doen, deur die manier wat ons leef en die voorbeeld wat ons stel.
JEUGLES – Funaand – Sout vir die aarde
Interessante feite oor sout PPT
Laai die lesse oor Sout vir die Aarde by die skakel hieronder af:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sout-vir-die-aarde/
Volg die skakel hieronder na ons ander Funaande: