Tydens hierdie kwartaal se Praise and Worship aand vir die kleintjies het ons na van die name van Jesus gekyk. Soos gewoonlik word elke begrip deur middel van ‘n speletjie gedemonstreer en daarna sing hulle ‘n liedjie of twee.
Praise and Worship 2
Ysbreker: Naam speletjie – Elke groep staan in ‘n sirkel. Die groep moet kies watter kind hulle dink die vriendelikste lyk. Daardie kind staan in die middel. Die kind moet nou wys na iemand, maar sy/haar eie naam sê. Die een na wie gewys is, gaan dan na die middel van die sirkel en herhaal die proses. Die wat reeds ‘n beurt gehad het, kruis hulle arms sodat hulle nie weer gekies word nie.
Hierna word aan die kinders verduidelik hoe belangrik jou naam is, en wat jou naam van jou sê. So het Jesus ook verskillende name in die Bybel, en dis waarna ons deur die aand gaan kyk.
Aktiwiteit 1: Goeie Herder en Lam van God – Elke kind kry ‘n kans om die ballon skapie na die kraal te jaag – dan verduidelik ons aan die kleintjies dat die Goeie Herder en Lam van God twee van Jesus se name is, en wat dit beteken. Sing ‘n liedjie
Aktiwiteit 2: Lig vir die wêreld – Kinders word geblinddoek, terwyl hulle ‘n puzzel moet probeer bou. Jesus is die lig vir die wêreld, in die baie donker wêreld is Hy die enigste een wat die vuil van ons sondes kan wegvat en vir ons soos ‘n flits in die donker, die pad wys waar ons moet stap. Sing ‘n liedjie.
Aktiwiteit 3: Die Weg – Elke kind kry ‘n maze om te voltooi. Daar was seker baie paadjies wat reg gelyk het, maar uiteindelik was net een die regte pad om uit die maze te kom. So word Jesus dan ook die Weg genoem. Wat daardie naam beteken, is dat om ons hartjies vir Jesus te gee, die enigste manier is om eendag vir altyd by God in die hemel te bly. Party mense glo om goeie dinge te doen en baie geld vir die kerk of arm mense te gee hulle in die hemel sal kry, maar daar is net een Weg en dit is Jesus. Sing ‘n liedjie.
Hier is die videoclips van die liedjies wat ons vir die aand gebruik het:
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
Kinderkerk Praise and Worship 2 – Name van Jesus
Kinderkerk Praise and Worship 2 – Jesus Maze
Volg die skakel hieronder na ons ander Praise and Worship hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk lesse:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/