Praise and Worship aand 4

pw 4 - groot

Hierdie kwartaal se Praise and Worship aand het ons rondom van die name van God gedoen. Die Heilige Gees het ons ‘n wondelike manier gegee om God se name deur te trek na die lesreeks oor die Vrugte van die Gees waarmee ons besig was.

Praise and Worship aand 4

Inleiding:

Jou naam is baie belangrik, wanneer jy iemand vir die eerste keer ontmoet is dit die eerste ding wat hulle van jou weet – jou naam. Mense word ook verskillende name genoem wat verskillende goed oor hulle sê: ‘n Vrou kan bv ‘n ma, ouma, vrou, tannie of juffrou wees. Elke naam sê iets van dit wat sy doen of iets wat sy vir iemand is.

Mense kan ook verskillende titels hê, wat ook vir ons iets van hulle sê: bv. Juffrou, Meneer, Mevrou, Dr, Ds, Professor.

Ons as kinders van God het ook ‘n naam wat ons gebruik: Christen – en wanneer ons DIE naam gebruik verwag mense ook van ons ‘n klomp goed – Vrugte vd Gees, want dit kom saam met die naam.

God se Naam

Soos wat ons baie name en titels het, so het God ook baie name en titels, en elkeen van hulle vertel (soos ons name en titels) vir ons iets van God – Wie Hy is en Wat Hy doen.

Ons het vanaand ‘n Praise and Worship aand en gaan vanaand bietjie na die Name van God deur die aand kyk, sodat ons Hom beter kan leer ken, want dis wat God se Name doen. Jy leer Hom ken deur Sy name.

Voordat ons verder gaan moet ek net eers die volgende oor God se Name sê:

Eksodus 20: 7 “Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie”

Wat beteken dit? Ons mag God se Naam nie gebruik asof dit net nog ‘n woord in ons woordeskat is nie, of soos party mense as vloekwoord nie. O my God – OMG – Here en Jesus gebruik asof dit net nog ‘n woord is nie!!!

Hoekom is God se naam so belangrik?

 Ps 148:13 “Laat hulle die Naam van die Here prys, want sy Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel”

Ps 9:11 “En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here”

Spr 18:10 “Die Naam van die Here is ‘n sterk toring, die regverdige hardloop daarin en word beskut”

Rom 10: 13 “want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word”

Sing: My God

Elohim: Skepper, Almagtig en Sterk

Gen 1:1 “In die begin het God die hemel en die aarde geskape”

Aktiwiteit: Elke groep kry twee ballonne, blaas dit op en skryf dan daarop name waarmee julle God se grootheid en Almag sal beskryf. Gee dit dan vir my om op te hang.  Sing: Hoe kan ek stilbly?

Jahweh Jireh – God wat voorsien

Gen 22:13-14 “En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem end it as brandoffer in die plek van sy seun geoffer. En Abraham het die pla genoem: Die Here sal voorsien!

Aktiwiteit: Elke kind kry ‘n kaartjie (seuns met seun op en meisies met meisie op) wat hulle vir hierdie aktiwiteit en nog 2 ander gaan gebruik, hulle neem dit saam huistoe aan die einde van die aand en sit dit in hulle Bybels. Skryf op een deel van die binnekant van jou kaartjie al die goed neer wat jy het om voor dankbaar te wees – hoe en waar God vir jou voorsien. Sing: 10 000 reasons

Jaweh Shalom – God ons Vrede

Rigters 6:24 “Toe bou Gideon daar ‘n altaar vir die Here en noem dit: Die Here is Vrede”

Aktiwiteit: Elke kind skryf vir God ‘n ‘dankie briefie’ aan die ander kant van die kaartjie – dat Hy Jesus in ons plek laat sterf het sodat ons vrede met God kan hê en nie hel toe hoef te gaan nie. Sing Yeshua

El Roi – God wat my sien

Gen 16:13 “Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is ‘n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het”

Aktiwiteit: God sien jou raak, Hy weet van jou swaarkry en jou moeilike tye, Hy weet ook van jou gelukkige oomblikke. Hy is altyd by jou of dit goed of sleg gaan met jou. Hy is die God wat jou sien. Gebruik nou die voorkant van die kaartjie met die silhouette op skryf daarop wat jy wil hê God van jou moet ‘sien’ en moet weet.(nie dat Hy nie alles weet nie).  Sing: Die een wat my sien

Hier is die videoclips van die liedjies wat ons vir die aand gebruik het:

Laai die dokumente hieronder af:

JEUGLES – Praise and Worship aand 4

Die God wat my sien – dogters

Die God wat my sien – seuns

Volg die skakel hieronder na ons ander Praise and Worship Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s