AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
‘n Reputasie van Geloof
Daniël was een van die vele groot geloofshelde. Hoewel hy geweet het dat om die bevel van die Koning te ongehoorsaam die dood sou beteken, wou hy nie sy geloof prysgee nie, al sou dit sy lewe kos. Ons weet nie of Daniël gedink het hy sou lewend uit die leeukuil kom nie, maar ons weet wel dat hy tot God gebid het vir hulp.
Om geloof in God te hê beteken om God beheer van ons lewens te gee. Wanneer ons gehoorsaam is aan God en Sy naam groot maak, gee Hy ons die moed om te doen wat ons moet vir Hom, en om te gaan daar waar Hy wil hê ons moet gaan.
In hierdie les kyk ons Daniël se voorbeeld, en hoe ons dit kan volg.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
5. SONDAGSKOOL LES – Die Profeet Daniël – ‘n Reputasie van Geloof
Volg die skakel hieronder na die ander Sondagskool lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/
Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/