AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Gebedstasies: Vrugte van die Gees
Soos ons met die reeks oor die Vrugte van die Gees besig is, kom ons meer onder die indruk dat die Vrugte van die Gees niks met menslike emosies of karakter eienskappe te doen het nie, maar ALLES met die Heilige Gees.
As ons nie hierdie Vrugte van die Heilige Gees afbid nie, gaan ons dit nooit in ons lewens kan sien werk nie.
Vrug van die Gees – LIEFDE: Ons het so paar weke terug geleer dat Jesus wil hê ons moet almal lief hê. Selfs daardie mense wat lelik is met ons. Ons het ook gehoor dat ons dit nooit uit ons eie kan doen nie, maar wanneer ons vir God vra, Hy ons sal help om ander te kan liefhê.
Vrug van die Gees – VREUGDE: Ons doen die “Vreugde-oorloop-Demonstasie” om vreugde weer aan die kinders te verduidelik. Daarna bid elke kind by hulleself en vra die Heilige Gees om hulle te help om in vreugde te groei. Dat Hy hulle sal help om so op Hom te vertrou dat slegte goed wat ‘buite’ gebeur nie hulle ‘binnekant’ (vreugde) sal wegvat of ‘aantas’ nie.
Vrug van die Gees – VREDE: Wanneer ons elke dag met God praat en lees wat Hy vir ons in die Bybel sê, dan begin ons al meer Sy vrede in ons harte voel. ‘n Duif is ‘n teken van vrede – die kinders neem vir hulle ‘n duif en skryf dit wat hulle stress op die agterkant. Dan plak hulle dit teen die muur, terwyl hulle vir die Heilige Gees vra om vir hulle vrede te bring oor dit.
Vrug van die Gees – GEDULD: Geduld kan baie dinge vir verskillende mense beteken en ons het dit op baie plekke nodig.Wanneer mamma gaan ‘shopping’ doen en ek wil net huistoe gaan om te gaan speel, en wanneer jymoet wag op God se tyd vir iets waaroor jy dalk bid, sonder om moeg te raak om daarvoor te bid. Terwyl hulle die ‘uurglas’ demonstrasie doen, bid hulle vir meer geduld.
Vrug van die Gees – VRIENDELIKHEID en GOEDHARTIGHEID: Elke groep kry ‘n template van ‘n mannetjie se lyf en stukkies foelie. Elkeen plak ‘n stukkie foelie binne die mannetjie en soos hulle dit plak vra hulle die Heilige Gees om hulle te help om in vriendelikheid en goedhartigheid te groei.
Vrug van die Gees – NEDERIGHEID: Nederigheid is om mooi met mense te werk. Om nie sommer net sleg te dink van mense nie, maar eers te luister en dan eerder te help as om niks te doen nie. Nederigheid beteken om nie te dink dat jy beter as iemand anders is nie. Elke groep het ‘n veer, gee elke kind ‘n kans om aan die veer te vat. Voel hoe sag dit is en terwyl hulle daaraan vat vra hulle die Heilige Gees om hulle te help om nederig te wees en ander mense met sagte hande te behandel.
Vrug van die Gees – SELFBEHEERSING: Selfbeheersing is om self te kan besluit wat jy gaan doen, dink en sê. Terwyl die leier die spinners op die backingborde spin, kyk hulle hoe die spinner al stadiger spin en uiteindelik stop. Vra die Heilige Gees om jou te help om te ‘slow down’ en te stop wanneer jy kwaad voel, sodat jy die vrug van selfbeheersing al meer sal hê.
Vrug van die Gees – GETROUHEID: Om betroubaar te wees beteken jy gaan doen wat jy gesê het jy gaan doen. Gee vir elke kind ‘n strooitjie, hulle bind dan ‘n lintjie aan dit vas terwyl hulle vir God vra om hulle te help om aan HOM vas te hou (stick to me), al is dit moeilik en veral wanneer dit moeilik is.
Laai die dokumente hieronder af:
KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees Gebedsaand
Vriendelikheid en Goedhartigheid – Mannetjie WORD
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Gebedstasies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/