Hierdie poppekas gaan oor hoe belangrik dit is om God te prys, en die verskillende maniere waarop ons dit kan doen.
POPPEKAS KAPPERJOLLE: Prys Hom
Eerste bedryf: Die storie begin waar Noag God loof en prys vir alles wat Hy vir hom gedoen het. Die diere wat saam met Noag op die ark was verstaan nie lekker met Wie Noag praat of wat hy doen nie. Donkie kom in en verduidelik vir hulle dat Noag met God praat en Hom loof en prys.
Tweede bedryf: Frikkie, Lolla en Sannie kom in die volgende bedryf op en hulle vertel hoe baie hulle rugby geniet, en hoe hulle skree en te kere gaan as die Springbokke ‘n drie druk. Hulle is egter skaam wanneer hulle God se naam moet grootmaak en hulle hande opsteek oor wat die ander kinders van hulle sê.
Derde bedryf: In hierdie bedryf gesels Neelsie en Frikkie oor die maniere wat mense God kan Loof en Prys soos die kinders wat gedans het. Dawid het ook voor die Here gedans, en die Here het daarvan gehou.
Vierde bedryf: In die laaste bedryf vertel Sannie vir Lolla van haar geestelike oefening – om God te loof en prys, want dit hou haar gedagtes op Jesus en om op Hom te vertrou. Hierna vertel Lolla vir Frikkie hoe belangrik geestelike oefening is. Sy lees elke dag haar Bybel om Jesus beter te leer ken sodat sy haar maats aan Hom kan voorstel wat Hom nie ken nie. So help jy maatjies sterk maak vir Jesus se span – die Wenspan.
Laai die poppekas hieronder in WORD formaat af:
Poppekas Kapperjolle – Prys Hom
Volg die skakel hieronder na ons ander Poppekas stories: