Kinderkerk Lesreeks: Leef soos Daniël

lesreeks

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Lesreeks: Leef soos Daniël

Hierdie mini-reeks Leef soos Daniël, is vir die Kinderkerk asook vir die Senior Sondagskool beskikbaar.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Inleiding – Voet Partytjie
  2. Kos goed genoeg vir ‘n koning
  3. Die brandende oond
  4. Die skrif teen die muur
  5. Daniël in die leeukuil

1. KINDERKERK LES: 1. Inleiding – Voet Partytjie

Hierdie is die inleidende les in die mini-reeks oor Daniël en sy drie vriende.  Ons gaan kyk hoe hulle as kinders van God die pad gestap het en hoe hulle in moeilike situasies moes opstaan vir dit waarin hulle geglo het.  Ons gaan leer hoe God hulle die krag gegee het om in elke situasie die regte ding te doen. Hierdie reeks is aangepas uit Kids Sunday School Place.

Tydens hierdie les hou ons ‘n voet partytjie.  Ons gaan ‘n klomp speletjies speel waarvoor ons ons voete moet gebruik.  Aan die einde van die speletjies word aan die kinders verduidelik hoekom hulle juis hulle voete vir die speletjies moes gebruik het.

Hier is twee video clip wat ons tydens die les geneem het:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. KINDERKERK LES – Inleidende les – Voet Partytjie

2. KINDERKERK LES: 2. Kos goed genoeg vir ‘n koning

In hierdie les gesels ons oor Daniël en sy drie vriende wat nie die Koning se kos wou eet nie. Ons leer dat ons altyd die regte ding moet doen, al is dit hoe moeilik.

Die kinders speel twee speletjies rondom groente, waarna hulle saam deelneem aan die verhaal van Daniël en sy drie vriende.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

2. KINDERKERK LES – Kos goed genoeg vir ‘n koning

3. KINDERKERK LES: 3. Die brandende oond

Hierdie les gaan oor Daniël se drie vriende wat nie voor die koning se beeld wou buig nie, en toe in die brandende vuuroond gegooi is.

Soms voel ons bang of ons voel om die regte ding te doen baie moeilik is, maar ons kan weet dat God ons sal help en beskerm.  Hy weet dat ons bang is, maar Hy kan enige iets doen en ons kan in Hom glo.  Ons moet naby aan Hom bly leef en Hy sal ons braaf maak net soos vir Sadrag, Mesag en Abednego.

Dis ‘n interaktiewe les, waaraan die kinders die heeltyd deelneem.

Laai die les hieronder in PFD formaat af:

3. KINDERKERK LES – Die brandende oond

3. Die brandende oond – inkleurprent

4. KINDERKERK LES: 4. Die skrif teen die muur

Hierdie les gaan oor die skrif teen die muur, en God wat vir koning Belsasar daardeur ‘n boodskap gegee het. Koning Belsasar het gedink hy en sy afgode is sterker as God en dat hy God nie nodig het nie.

Dis ‘n interaktiewe les, wat begin met ‘n Emoji-raai teen die muur, daarna maak die kinders reg vir ‘n partytjie, en ontsyfer hulle saam met Daniël wat die boodskap teen die muur beteken het.

Laai die les hieronder in PFD formaat af:

4. KINDERKERK LES – Die skrif teen die muur

5. KINDERKERK LES: 5. Daniël in die leeukuil

Hierdie les gaan oor Daniël in die leeukuil, en hoe hy daar beland het. Ons kyk na wat hy gedoen het toe dinge baie moeilik vir hom was, en dat hy steeds besluit het om God se pad te stap.  Ons leer hoe God vir Daniël gehelp het.

Dis ‘n interaktiewe les wat begin met ‘n ysbreker oor paaie, en eindig met ‘n speletjie wat die kinders moet herinner om aan God vas te hou wanneer dinge moeilik raak. Die kinders neem deel aan die verhaal van Daniël soos dit gelees word.

Laai die les hieronder af in PDF formaat:

5. KINDERKERK LES – Daniël in die leeukuil

Laai die Sondagskool lesreeks Leef soos Daniël by die skakel hieronder af:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s