Sondagskool Les:Walk through the Bible 1

1. Bou die Bybel

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Walk Through the Bible 1

Hierdie mini-reeks gaan oor Bybelkennis vaslê. Dit klink egter makliker as wat dit is, veral met die groter kinders, want jy kan dit nie op dieselfde manier met hulle doen as met die kleintjies nie.

Ons het uit die boks gedink, en baie kreatief geraak met hierdie reeks. Ons gebruik ‘n klomp van ons Bybel Speletjies wat op die Blog beskikbaar is, as basis vir hierdie lesse.

Bou die Bybel 

Ons eerste tema is Bou die Bybel. Dis ‘n variasie op die Bybel Speletjie: Bou die Bybel wat op die Blog beskikbaar is.

Hierdie les was nogal baie moeite gewees om alles bymekaar te kry, maar die kinders was MAL daaroor en het regtig baie geleer.

Instruksies vir die les:

  • Vir hierdie les kyk ons na 6 Bybeldele.
  • By elke Bybeldeel is daar ‘n aktiwiteit wat die leidraad gee oor WIE die deel gaan, bv. ‘n puzzel, emoji’s of ‘n raaisel.
  • As die kinders reg raai oor WIE die Bybeldeel gaan, dan kry hulle ‘n boks waarin die volgende is: ‘n paar vrae met teksverse oor die Bybeldeel, asook ‘n uitdaging oor die Bybeldeel.
  • Wanneer hulle die Vrae asook die Uitdaging klaar gedoen het, dan kry hulle die volgende aktiwiteite, dan die boks en so aan.

Die bokse is redelik moeite, want daar moet 6 bokse vir elke groep wees (ons het 12 groepe, so jy kan dink hoeveel werk en hoeveel bokse dit was). Die boks idee klink dalk vir julle ‘stupid’, maar dit het so ‘n opgewondenheid veroorsaak, dat die kinders nie kon wag om die volgende boks te gaan haal, en te sien wat daarin was nie!

Hierdie was beslis nie ‘n “in die boks” aand nie, maar “uit die boks” aand. Weet eintlik nie wie dit die meeste geniet het, die kinders of die leiers nie!!

Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Bou die Bybel PDF

BOU DIE BYBEL AKTIWITEITE PDF

BOU DIE BYBEL VRAE PDF

BOU DIE BYBEL UITDAGINGS

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-sondagskool/

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s