Sondagskool Lesreeks: Leef soos Daniël

lesreeks

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: Leef soos Daniël

Hierdie mini-reeks Leef soos Daniël, is vir die Senior Sondagskool asook vir die Kinderkerk beskikbaar.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Inleiding – Waarvoor staan jy?
  2. ‘n Reputasie van Sterk wees
  3. ‘n Reputasie van Moed hê
  4. ‘n Reputasie van Nederigheid
  5. ‘n Reputasie van Geloof
  6. Jou Keuse

1. SONDAGSKOOL LES: Inleiding – Waarvoor staan jy?

Hierdie is die inleidende les in die mini-reeks oor Daniël en sy drie vriende.  Ons gaan kyk hoe hulle as kinders van God die pad gestap het en hoe hulle in moeilike situasies moes opstaan vir dit waarin hulle geglo het.  Ons gaan leer hoe God hulle die krag gegee het om in elke situasie die regte ding te doen. Hierdie reeks is aangepas uit Kids Sunday School Place.

In hierdie inleidende les speel die kinders ‘n paar speletjies rondom voete. ‘n Persoon se voete vertel ons twee baie belangrike dinge van hom/haar:  Waar staan hulle en waarheen hulle oppad is.  Iemand wat vas staan vir waarin hulle glo is ‘n eienskap wat mense bewonder.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. SONDAGSKOOL LES – Inleiding – Waarvoor staan jy

2. SONDAGSKOOL LES: ‘n Reputasie van Sterk wees

Daniël se reputasie was heel duidelik baie sterk gewees. Maak nie saak in watter situasie hy homself bevind het nie. Hy het altyd gesorg dat hy God eer en nie toegelaat dat sleg sy lewe binnekom nie. Ons kan almal ‘n waardevolle les van Daniël leer oor hoe om ‘n sterk en Goddelike reputasie te bou.

In hierdie les kyk ons na hoe Daniël ‘n reputasie van sterk wees gebou het, en hoe ons dieselfde kan doen.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

2. SONDAGSKOOL LES – Die Profeet Daniël – ‘n Reputasie van sterk wees

3. SONDAGSKOOL LES: ‘n Reputasie van Moed hê

In hierdie les gesels ons oor Daniël se drie vriende wat naby aan God geleef het, en hoe dit hulle die moed gegee het om te doen wat reg was in baie moeilike omstandighede.

Die kinders speel ‘n ‘nader tot God’ speletjie om dit aan hulle te demontreer.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

3. SONDAGSKOOL LES – Die Profeet Daniël – ‘n Reputasie van moed hê

4. SONDAGSKOOL LES: ‘n Reputasie van Nederigheid

In hierdie les kyk ons na die verskil tussen nederigheid en hoogmoed en die keuses wat jy as ‘n uitvloeisel daarvan maak.

Koning Nebukadnésar en Koning Belsassar se keuses en wat met hulle gebeur het as gevolg daarvan word in hierdie les bespreek.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

4. SONDAGSKOOL LES – Die Profeet Daniël – ‘n Reputasie van Nederigheid

5. SONDAGSKOOL LES: ‘n Reputasie van Geloof

Om geloof in God te hê beteken om God beheer van ons lewens te gee.  Wanneer ons gehoorsaam is aan God en Sy naam groot maak, gee Hy ons die moed om te doen wat ons moet vir Hom, en om te gaan daar waar Hy wil hê ons moet gaan.

In hierdie les kyk ons Daniël se voorbeeld, en hoe ons dit kan volg.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

5. SONDAGSKOOL LES – Die Profeet Daniël – ‘n Reputasie van Geloof

6. SONDAGSKOOL LES: Jou Keuse

In hierdie laaste les in die mini-reeks – Leef soos Daniël – kyk ons na keuses, en wat jy maak wanneer jy voor moeilike keuses te staan kom.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

6. SONDAGSKOOL LES – Jou keuse

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s