Saalopening: 2. Die Eienaar se Gids

2. groot

Hierdie is ons tweede Kort boodskap, Saalopening idee.

Storie: Die Eienaar se Gids

Die eienaar se gids vertel die storie van ‘n man met die naam Koos, wat ‘n nuwe kar koop, maar nie die handleiding oor hoe die motor werk, wou lees nie. So het hy op die einde in ‘n boom vasgery met sy splinternuwe kar.

Die doel van die storie is om aan die kinders die belangrikheid van hulle Bybels te verduidelik, omdat dit ons leer hoe ons moet leef. Jy kan dit weereens deurtrek na die kinders se alledaagse lewe, skoolwerk en geestelik lewens.

Teksvers: (Ps 119:105) … U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad

Praktiese Illustrasies:

Jy kan hierdie storie op verskillende maniere gebruik, afhangende van wat jy vir die kinders daaruit wil leer.

  1. Gebruik die goedkoop, klein LEGO stelletjies wat mens by die Chinese winkels koop, en haal die instruksies uit. Vra dan ‘n paar kinders om die LEGO stelletjie te bou SONDER die instruksies. Glo my, dis klink baie makliker as wat dit is! Dis makliker om te weet WAT om te doen, as jy instruksies het, wat jy jou wys wat jy moet doen.
  2. Sit al die ligte in die saal af, en kry vrywilligers om met flitse of lampies in die saal in te kom, en te wys hoe die lig jou help om te sien waar jy loop, soos die Bybel jou help.

Laai die Saalopening en die Storie hieronder in PDF formaat af:

2. Saalopening – Die Eienaar se Gids

Storie – Die Eienaar se Gids

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s