Kinderkerk Les: Walk through the Bible 2

bybel atletiek 5

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek

Walk Through the Bible 2

Hierdie mini-reeks gaan oor Bybelkennis vaslê, en dit word meestal deur middel van speletjies gedoen.

Bybel Atletiek

In hierdie les gebruik ons interaktiewe speletjies met die tema Bybel atletiek.

Ysbreker 1: Bybel Opwarmingsoefeninge

Ysbreker 2: Span naam en kleure

AKTIWITEITE:

Die kinders neem deel aan vyf “atletiek” items, en na of tydens elkeen is daar vrae uit die Bybel wat hulle moet beantwoord.

Aktiwiteit 1: 100 meter hardloop – Terwyl die kinders geblinddoek is, word daar ‘waar of onwaar’ vrae gevra. As die kind dink dis waar, steek hulle hul hande op. Wanneer die antwoord gegee word, mag die wat hande opgesteek het ‘n tree vorentoe beweeg. Die een wat eerste voor kom “wen” die 100 meter.

Aktiwiteit 2: Drie-been resies – Kinders hardloop drie-been resies saam met ‘n maatjie, daarna word vrae gevra rondom paartjies in die Bybel.

Aktiwiteit 3: Hindernisbaan – Kinders se bene is nogsteeds vasgebind aan die van hulle maatjie. Hulle doen ‘n saam ‘n eenvoudige hindernisbaan, daarna kry hulle prentjies van wonderwerke uit die Bybel, en moet raai watter wonderwerke dit is.

Aktiwiteit 4: Ver spring – Die lokaal word in twee verdeel – 1 en 2 – “Sou jy eerder” vrae word gevra, en die kinders moet na die kant spring wat hulle kies.

Aktiwiteit 5: Mummy resies – Elke groep kies iemand wat hulle met toiletpapier gaan toedraai soos ‘n mummy. Vragies word gevra, en elke keer as ‘n groep reg antwoord kan hulle toitletpapier twee keer om die mummy draai.

Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Funaand – Bybel Atletiek

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-kinderkerk/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s