Sondagskool Les:Walk through the Bible 2

2. Tic tac toe

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Walk Through the Bible 2

Hierdie mini-reeks gaan oor Bybelkennis vaslê.

Bybel Tic-Tac-Toe 

Ons tweede tema is Tic-Tac-Toe. Dis ‘n variasie op die Bybel Speletjie: Tic-Tac-Toe wat op die Blog beskikbaar is.

Die kinders het hierdie aand net so geniet, maak net seker dat jou CSI gedeelte goed georganiseerd is, en dat jou kinders en leier presies weet hoe dit werk.

Instruksies vir die les:

  • Vir hierdie les kyk ons na 9 Bybeldele.
  • Die les begin waar elke groep in twee deel, en Bybel Tic-Tac-Toe teen mekaar speel. Op elke deel van die Tic-Ta-Toe bord is ‘n Bybel figuur se naam. As ‘n span besluit om hulle merker op ‘n naam te sit, moet hulle eers drie vrae oor die figuur antwoord voordat die volgende span mag deelneem.
  • Ons kinders het daarna saal toe beweeg waar ons ‘n ‘crime scene’ vir elke figuur wat op die Tic-Tac-Toe bord is, gedoen het. Hulle moes by elke ‘crime scene’ die volgende vrae beantwoord:
  • Oor watter Bybelfiguur gaan die “crime scene”?
  • Hoekom sê julle so, waar pas die bewysstukke in die verhaal?
  • Wat was die “crime” gewees?
  • Wat leer ek hieruit vir my eie lewe?

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af.

JEUGLES – Bybel Tic-Tac-Toe aand

CSI Crime Scenes

Ysbreker Tic Tac Toe

Hier is die skakel na al die dokumente vir die Tic-Tac-Toe speletjie:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/05/bybel-speletjies-tic-tac-toe/

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-sondagskool/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s