AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Walk Through the Bible 3
Hierdie mini-reeks gaan oor Bybelkennis vaslê.
Diere, Nommers en Kinders van die Bybel
Ons derde tema is Diere, Nommers en Kinders van die Bybel. Die Bybel Speletjies met dieselfde name wat op die Blog beskikbaar is, is hiervoor gebruik.
Instruksies vir die les:
- Hierdie les werk so bietjie anders as die vorige twee lesse. Ons maak gebruik van PowerPoints.
- Voor elke PowerPoint is daar ‘n ysbreker wat pas by die PowerPoint.
- Daarna kry elke groep ‘n blaai wat genommer is volgens hoeveel slides die PowerPoint het.
- Die PowerPoint hardloop, en die kinders moet in hulle groepe by die antwoord probeer uitkom en dit neerskryf op die BLAAI.
- Aan die einde van die PowerPoint word die antwoorde gee en die groepe moet kyk hoeveel antwoorde hulle reg het in elke afdeling.
Laai die dokumente hieronder af:
JEUGLES – Diere, Nommers en Kinders van die Bybel
Diere van die Bybel – Antwoord blad
YSBREKER – Kinders van die Bybel vrae
Kinders van die Bybel – Antwoord blad
YSBREKER – Nommer in die Bybel
Nommers in die Bybel – Antwoord blad
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-sondagskool/