Hierdie is ons derde Kort boodskap, Saalopening idee.
Storie: Wat is vir jou belangrik?
Wat is vir jou belangrik, vertel die storie van ‘n plaasjapie en sy vriend wat in die stad loop. Skielik hoor die plaasjapie ‘n kriek, en sy vriend sê vir hom dat hy mal is, en nooit ‘n kriek in die stad se lawaai sal kan hoor nie.
Die plaasjapie vind die kriek en sy vriend is verstom. Die plaasjapie verduidelik aan sy vriend dat jy dit sal hoor wat vir jou belangrik is. Hy laat twee munstukke op die sypaadjie val en skielik staan almal om hulle stil om te kyk of dit nie dalk hulle geld is wat geval het nie. Wat jy hoor, hang af van wat vir jou belangrik is!
Teksverse: Skatte in die hemel – Matteus 6:19-21 veral vers 21 “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees”
Praktiese Illustrasie:
Jy kan heerlik prakties met hierdie storie raak. Laai ‘n klompie geluide of liedjies van die internet af, en speel dit vir die kinders voordat jy die storie vertel. Jy kan selfs weer ‘n klompie na die tyd speel om die storie aan die kinders te illustreer.
Hier is die skakels na twee webtuistes waar jy geluide kan aflaai:
http://www.orangefreesounds.com/category/sound-effects/
Om die geluide van die volgende webtuiste af te laai moet jy registreer. Dis egter gratis en hulle het ‘n GROOT verskeidenheid geluide en is baie verbruikers vriendelik.
Hier is ‘n playlist van ‘n klomp bekende TV reekse en flieks se liedjies wat jy ook kan gebruik:
As jy nie ‘n program het om dit mee te ‘download’ en ‘convert’ na mp3 toe nie, is hier twee aanlyn programme wat nogal goed werk:
https://www.onlinevideoconverter.com/youtube-converter
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:
3. Saalopening – Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees
Laai die storie hieronder in PDF formaat af:
Storie: Wat is vir jou belangrik
Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees: