AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek
Walk Through the Bible 4
Hierdie mini-reeks gaan oor Bybelkennis vaslê, en dit word meestal deur middel van speletjies gedoen.
God se vreemde opdrag aan Elia
Hierdie les is heelwat korter as die eerste drie lesse, want dis gedurende ons eksamentyd wat ‘n halfuur korter as gewoonlik is.
Die vreemde opdrag wat God aan die kraaie gegee het om vir Elia te sorg in die woestyn, word in hierdie les behandel.
Elke groep word een deel uit die storie gegee om met klei uit te beeld: Groot klei mannetjie wat Elia voorstel, Krone vir koning Agab, Kraaie, Vleis en brood en Stroompie.
Soos die verhaal uit 1 Konings 17 vertel word, sit die kinders hulle klei skeppings op die tafel neer, as deel van die storie.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-kinderkerk/