Kinderkerk Les: 1. Die Bybel – Inleiding

1. inleiding

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Die Bybel – Inleiding

Hierdie is die inleidingsles in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Hierdie les is aangepas uit Kids Sunday School Place.

Die les se naam is koerant kaskenades, omdat alles rondom koerante gebeur.

Koerant lees is ‘n wonderlike manier om te weet wat in die wêreld aangaan.  Ons kan lees van dinge wat in Suid-Afrika gebeur, maar ook in ander lande.  Ons kan in ‘n koerant uitvind of ons gunsteling sportspanne hul wedstryde gewen het en wat die weer gaan doen.  Vandag gaan ons bietjie iets anders doen met koerante.  Ons gaan speletjies speel.

  1. Speletjie 1: Koerantpapier dans
  2. Speletjie 2: Koerantpapier bondel
  3. Speletjie 3: Koerant opdragte
  4. Speletjie 4: Koerantpapier legkaart
  5. Speletjie 5: Koerantpapier slang
  6. Speletjie 6: Koerant ACB
  7. Speletjie 7: Koerant mummie

Daar is baie nuus in ‘n koerant, maar God het vir ons ‘n wonderlike boek gegee het, met goeie nuus oor Jesus, die Bybel. Al is die Bybel baie, baie lank terug geskryf, is dit vandag steeds baie belangrik vir ons en moet ons dit elke dag nog meer as ‘n koerant lees.  Ons gaan in hierdie lesreeks leer hoekom dit so belangrik is om ons Bybels te lees.

Laai die les hieronder af in PDF formaat:

1. KINDERKERK LES – Die Bybel – Inleiding – Koerant kaskenades

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s