AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Die Bybel – Inleiding
Hierdie is die inleidingsles in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Hierdie les is aangepas uit Kids Sunday School Place.
Die les begin met ‘n videoclip van ‘n advertensie. Daarna moet elke groep ‘n advertensie maak om die Bybel te adverteer. Daarna word die volgende vrae gevra:
- Is die Bybel ‘n maklike produk om te adverteer? Hoekom/hoekom nie?
- Hoe dink julle sal meeste mense reageer op hierdie advertensies van julle?
- Hoeveel sal jy betaal vir die Bybel?
In hierdie lesreeks gaan ons net oor die Bybel gesels. Ons gaan die Bybel beter leer ken, en vir die kinders wat die Bybel dalk nie so lekker verstaan nie, help sodat hulle hul Bybel beter kan gebruik.
Hulle gaan leer hoe belangrik dit vir ons as kinders van God is om elke dag tyd te maak vir Bybel lees. Ons hoop dat dit hulle sal inspireer om hulle Bybels al hoe meer te gebruik.
Hier is die video clip wat ons tydens die les gebruik het.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Sondagskoolles-Die Bybel-Inleiding
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/