Kinderkerk Les: 3. Die Bybel – Die Lig op ons pad

3. lig op ons pad

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Die Bybel – Die Lig op ons pad

Hierdie is die derde les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Hierdie les is aangepas uit Kids Sunday School Place.

In hierdie les word die verhaal in 2 Konings 22:1-20 gebruik waar God se Wetboek weg was, en dat die volk nie geweet het hoe om te leef nie. Koning Josia wat baie lief vir God was, het die tempel laat skoonmaak, en God se Wetboek ontdek.

Sonder God se Woord is ons soos iemand wat in die donker loop en nie weet waarheen om te gaan nie.

Die les begin met die kinders wat buite staan, met hulle oë toe. Die seranio word geskep van hulle wat in ‘n donker woud is, en niks kan sien nie. Skielik onthou hulle van die flitslig in hulle sak. Toe hulle dit uithaal is dit maklik om die pad huistoe te vind.

Hulle gaan klassie toe, en vind die klas deurmekaar met goed wat rondlê. Hulle moet help om die klas skoon te maak, en ook die leier, wie se Bybel weg is, te soek.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

3. KINDERKERK LES- Die Bybel is – Die Lig op ons pad

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s