AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Die Bybel is ons Gids
Hierdie is die derde les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Hierdie les is aangepas uit Kids Sunday School Place.
Die les begin met die oulike storie van die Eienaar se Gids. Die eienaar se gids vertel die storie van ‘n man met die naam Koos, wat ‘n nuwe kar koop, maar nie die handleiding oor hoe die motor werk, wou lees nie. So het hy op die einde in ‘n boom vasgery met sy splinternuwe kar.
Die regte volgorde speletjie word gespeel. Elke groep kry ‘n klomp blinddoeke en ‘n koevert met Psalm 119:105 waarvan die woorde uitgeknip is. Die kinders moet geblinddoek die Psalm se woorde in die regte volgorde sit, deur net na die groepleier se instruksies te luister.
Daarna volg daar ‘n groepbespreking met ‘n klompie teksverse om die konsep van die Bybel is ons Gids beter te verduidelik.
Laai die les hieronder PDF formaat af:
Sondagskoolles-Die Bybel is ons gids
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/