Sondagskool Les: 5. Die Bybel is die Swaard van die Waarheid

5.swaardvdwaardheid

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Die Bybel is die Swaard van die Waarheid

Hierdie is die vyfde les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Hierdie les is aangepas uit Kids Sunday School Place.

Die les begin met die swaard speletjie as ysbreker. Hiervoor het jy ‘n houer met ‘n klomp plastiek messies nodig. Op elke messie is ‘n ander teksvers geskryf. Die leier trek ‘n teksvers, en die groepe moet kyk wie die teksvers die vinnigste kan opsoek.

Daarna bestudeer die kinders ‘n klomp teksverse met vrae om “die Bybel is die Swaard van die Waarheid” aan hulle te verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Sondagskoolles – Die Bybel is-Die Swaard van die Waarheid

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s