AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Die Bybel – Hersieningsles
Hierdie is die sewende les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel.
In hierdie les hersien ons dit wat ons die kwartaal met die kinders gedoen het. Ons het twee weergawes van hierdie les. Albei doen hersiening van elke deel van die reeks tot op hierdie stadium deur middel van speletjies of aktiwiteite.
Kyk gerus na albei, en besluit watter een vir jou kinders geskik is.
Laai die lesse hieronder in PDF formaat af:
7. SONDAGSKOOL LES – Hersieningsles
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/