Sondagskool Les: 8. Die Bybel – Wees Versigtig

8. wees versigtig - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Die Bybel – Wees Versigtig

Hierdie is die agste les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Die kinders gaan in hierdie les leer dat dit belangrik is om die Bybel te ken, want daar is valse onderwysers in die wêreld wat vir jou wil jok rondom reg en verkeerd.

Die les begin met twee ysbrekers. Die eerste een is ‘blind follow the leader’, waar al die kinders geblinddoek word. Die kinders hou dan aan die een voor hulle vas, met die leier heel voor wat nie geblinddoek is nie, en hulle deur die terrein neem. Die kinders moet na die leier se stem en instruksies luister om veilig terug te kom by hulle sitplekke.

Vir die tweede ysbreker word ‘n PowerPoint Presentation gewys met ‘n klomp waarskuwings tekens. Die kinders moet raai waaroor die tekens hulle waarsku.

Groepwerk:

Ons kry ook baie waarskuwings in die Bybel oor verskillende sake, en in hierdie les gaan ons oor ‘n spesifieke een praat wat regtig ‘n groot probleem is, en baie kinders van God laat struikel.

Die volgende teksverse word in die groepe bespreek om by die antwoord uit te kom:

  • Mattheus 7:15-23
  • Markus 13:5-6
  •  2 Korinthiërs 11: 13-15
  • Handelinge 17:10-12
  • 1 Johannes 4:1

Laai die les hieronder in PDF formaat, en die PowerPoint Presentation af:

8. SONDAGSKOOL LES – Wees versigtig

8. Wees versigtig – Warning Signs

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s