AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Die Bybel – Wees Versigtig
Hierdie is die agste les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Die kinders gaan in hierdie les leer dat dit belangrik is om die Bybel te ken, want daar is valse onderwysers in die wêreld wat vir jou wil jok rondom reg en verkeerd.
Die les begin met twee ysbrekers. Die eerste een is ‘n hindernisbaan, waar al die kinders geblinddoek word, en met die hulp van die leier se instruksies veilig deur dit beweeg. Vir die tweede ysbreker word ‘n klomp waarskuwings tekens gewys, en die kleintjies moet raai waarteen dit waarsku.
Jesus het vir Sy vriende in Markus 13:5 gesê dat daar valse mense sal wees wat sal probeer om ander verkeerde dinge oor Jesus te leer. Daar word bietjie hieroor gesels, en dan word die laaste aktiwiteit gedoen.
Die laaste aktiwiteit is die antwoord op vals mense en vals dinge wat hulle probeer leer. Paadjies word voor die tyd met voorspore uitgepak, wat almal na ‘n mandjie met Bybels lei. As jy jou Bybel ken, sal jy weet wanneer iemand vir jou vals dinge probeer leer.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
8. KINDERKERK LES – Wees versigtig
Volg die skakel hieronder na ons ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/