AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
10. Verstaan jou Bybel
Hierdie is die tiende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik.
Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste vyf boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.
Ysbreker 2: Teken jou huis – Elke kind teken waar hulle bly, en deel hulle adresse met die ander kinders.
Ysbreker 3: Waar bly elke dier – Elke groep kry ‘n uitgeknipte ‘diere met wonings’ speletjie, hulle moet die regte dier by die regte woning sit.
Na hierdie ysbrekers word die uitleg van die Bybel aan die hand van jou adres verduidelik: die Bybelboek, hoofstuk en versies. Die les word afgesluit met ‘n uitdeelstuk met strate en huisies om die les by die kinders vas te lê.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
10. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Bybel sleutels
10. Bybel sleutels – Boeke van die Bybel
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/