AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
10. Verstaan jou Bybel
Hierdie is die tiende les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Die doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik.
Ysbreker: Boek ordes – Elke groep kry ‘n Ou en Nuwe Testament kaart, asook die eerste vyf boeke van die Ou en die Nuwe Testament. Hulle moet die boeke onder die twee kaarte in die regte volgorde rangskik. Ons gaan elke week die speletjie doen en boeke byvoeg totdat hulle al die boeke in die Bybel gekry het om te rangskik.
Groepwerk: Die groepe word gevra om deur hulle Bybels te blaai en neer te skryf watter afdelings hulle sien. (Ou Testament, Nuwe Testament, boeke, verse, paragrawe, bladsy nommers, ens) Baie van hierdie afdelings is bygesit om ons te help om beter te kan verstaan wat geskryf is, en die organisasie help ons om die groter prentjie van die Evangelie beter te kan sien.
Hierna word ‘n paar interessante speletjies gespeel om die kinders te help verstaan dat die Bybel sleutels gebruik om ons te help om dit beter te kan lees en verstaan soos, Bybelboeke, hoofstukke en versies.
Die laaste belangrike gedagte, is om te onthou dat die Bybel se organisasie ons help om die boodskap van Jesus beter te verstaan. Al klink als baie tegnies, is dit belangrik om dit te weet, sodat ons nie uitmis op hierdie Boodskap nie.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
10. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Bybel sleutels
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/