Jeug Gebedsaand: We are Young

we are young

Ons is hierdie kwartaal met ons kinders by EPIC Jeug besig met die Jeug Alpha kursus. Hierdie kursus konfronteer die jongmense om oor belangrike vrae te dink, en belangrike keuses te maak.

We are Young Gebedsaand

Vir hierdie gebedsaand gebruik ons die liedjie “We are young” as basis. Die skakel na die video clip is hieronder beskikbaar.

Ysbreker: Ons begin met verskeie scenarios wat die kinders op die nou en die wye pad moet sit.

We are Young: Die video clip “We are Young” word gespeel en daarna moet die kinders ‘n paar vrae rondom die video clip beantwoord. Hierna kry die kinders kans om met die Here te gesels oor die pad waarop hulle is

Geloof: Die volgende onderwerp wat bespreek, en oor gebid word is geloof. Matt 11:2-6 word vir hierdie bespreking gebruik. Partykeer is dit vir ons moeilik om te glo, veral wanneer ons deur moeilike tye gaan. Die kinders maak ‘n lysie van wat hulle sal help om te glo, deur maklike en moeilike tye en vra die Here om hulle te help om te glo, VERAL wanneer dit moeilik gaan.

Om Jesus te volg: Om Jesus te volg is nie maklik nie, elke dissipel het iets gehad wat hulle moes los om Jesus te kon volg (Matt 4:18-22). Twee vrae word vir die kinders gevra: Wat moet jy los om Jesus te kan volg? Wat sal dit in JOU lewe beteken om Jesus te volg, m.a.w. wat sal moet verander? Die kinders kry tyd om die antwoorde op die twee vrae neer te skryf en dan daaroor te bid.

Video Clip: We are young

Laai die “We are Young” gebedsaand hieronder in PDF formaat af:

Jeug Gebedsaand – We are Young

Gebedsaand – Ysbreker

Gebedsaand – voetspore

Volg die skakel hieronder na ons ander Jeug Gebedsaande:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/gebedsaande/

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s