AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Hemelvaart
Die les begin met die kinders wat vir mekaar vertel van iets goeds wat die week met hulle gebeur het of iets wat dalk binnekort gebeur soos bv. partytjie, vakansie ens. waaroor hulle baie opgewonde is.
Dan gesels ons kortliks oor Paasnaweek, en dat ons Jesus se dood en opstanding gevier het, en dat Jesus 40 dae na Paasfees terug hemel toe is, en dit noem ons hemelvaart.
Die verhaal van hemelvaart word aan die kinders vertel met ‘n oulike praktiese illustrasie met ‘n rekkie en paperclip om die konsep van opvaar hemel toe aan hulle te verduidelik.
Jesus het vir Sy vriende daar op die berg en ook vir ons wat Sy kinders is ‘n groot werk gegee. Hy het gesê dat ons vir ander moet vertel van Hom. By die skool, by die huis, vir jou vriende en familie en sommer vir almal.
Speletjie: Musical handshake: Speel musiek en laat die kinders in die vertrek rondloop en mekaar se hande skud. Wanneer die musiek stop, moet hulle vir die een met wie hulle handskud iets rondom hemelvaart sê.
Die video clip hieronder wys vir jou hoe om die illustrasie te doen:
Laai die les hieronder af in PDF formaat:
Volg die skakel hieronder na ons ander Hemelvaart Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/hemelvaart/
[…] 2. https://algoagemeenskapskerk.com/2019/05/27/hemelvaart-kinderkerk-les-2/ […]
LikeLike