Kinderkerk Gebedstasies: Om Jesus te volg

om Jesus te volg - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Gebedstasies: Om Jesus te volg

Ons is hierdie kwartaal met ons kinders by EPIC Jeug besig met die Jeug Alpha kursus. Hierdie kursus konfronteer die kinders om oor belangrike vrae te dink, en belangrik keuses te maak.

Ysbreker: Ons begin met verskeie scenarios wat die kinders op die nou en die wye pad moet sit. Daarna kry die kinders kans om met die Here te gesels oor die pad waarop hulle op die oomblik is.

Geloof: Die kinders neem deel aan die aktiwiteit: Paperclip float om geloof aan hulle te demonstreer, en daar word bietjie oor geloof gesels. Dan kry die kinders kans om te bid, en vir Jesus te vra om hulle te help om in Hom te glo al lyk dinge nie altyd so lekker rondom hulle nie, en al gaan dinge moeilik.

Om Jesus te volg: Die kinders speel “Follow the leader”, en die groepleier verduidelik aan die kinders wat die eerste dissipels moes los om Jesus te volg. Die kinders kry dan kans om te bid en Jesus te vra om hulle te help om die dinge te los wat hulle keer om Hom met ons hele hart te volg.

Hier is die skakel na die paperclip float:

Laai die Gebedstasie hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK GEBEDSTASIES – Om Jesus te volg

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Gebedstasies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s