Kinderkerk Les: 9. Die Bybel – Verstaan jy die Bybel?

9. verstaan jy die Bybel - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Die Bybel – Verstaan jy die Bybel?

Hierdie is die negende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Die doel van hierdie les is om die uitleg van die Bybel aan die kleintjies te verduidelik, sodat hulle dit beter sal verstaan, en dus beter toegerus kan wees oor hoe om meer van God te leer.

Die les begin met ‘n gewone storieboek wat gebruik word. Die fasiliteerder lees die eerste bladsy van die boek, dan ‘n stukkie in die middel van die boek, en dan die laaste paragraaf van die boek. Hierdie demonstrasie dien om aan die kleintjies te probeer verduidelik dat soos ons nie weet wat die storie in die boek regtig was, omdat ons net sekere dele gelees het, so kan ons ook nie die ‘storie van die Bybel’ verstaan as ons nie hele Bybel lees nie, maar net sekere dele.

Die manier hoe die Bybel uitgelê is in boeke en Testamente word ook kortliks aan die kinders verduidelik. Aan die einde doen hulle ‘n “dot-to-dot-Jesus” prentjie, om hulle daaraan te herinner dat die Bybel nie net ‘n storieboek is nie, maar die ‘storie oor God en Jesus en die Heilige Gees’.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

9. KINDERKERK LES – Verstaan jy die Bybel

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s