AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Die Bybel – Verstaan jy die Bybel?
Hierdie is die negende les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Die doel van hierdie les is om die uitleg van die Bybel aan die kinders te verduidelik, sodat hulle dit beter sal verstaan, en dus beter toegerus kan wees oor hoe om meer van God te leer.
Die les begin met ‘n ‘noot vir noot’ ysbreker. Soos baie kinders baie, of al die musiek geken het, so weet ander weer baie van sport of flieks. Die vraag is hoeveel ons van die Bybel weet?
Uitdaging: Die uitdaging word aan die kinders gegee om die boeke van die Ou en Nuwe Testament in hulle regte kategorieë te groepeer. Hulle kry ‘n lys van Ou Testament en Nuwe Testament boeke, asook twee uitdeelstukke met die kategorieë, en moet inskryf watter boeke dink hulle by watter kategorieë pas.
Die les sluit af met ‘n ‘shadow sculptures’ PowerPoint. Baie van die kinders voel dalk dat die Bybel vir hulle een ‘deurmekaarspul’ is, soos die ‘shadow sculptures’.
Die belangrikste om van die Bybel te weet, is dat elke boek en elke testament na Jesus en die wonderlike plan wat God gemaak het om ons uit die hel te red wys.
Laai die les in PDF formaat en die PowerPoint Presentation hieronder af:
9. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jy die Bybel
9. Verstaan jy die Bybel – Shadow Art
Uitdaging werksvelle in PDF formaat:
Ou Testament boeke groeperings
Nuwe Testament boeke groeperings
Lys van Ou Testament boeke nie in volgorde
Lys van Nuwe Testament boeke nie in volgorde
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/