AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
18. Briewe aan die Gemeentes
Hierdie is die agtiende les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. In die vorige les het ons stilgestaan by die Geskiedenis boek Handelinge, in hierdie les kyk ons kortliks na die afdeling Briewe aan die Gemeentes.
Hierdie is die derde Afdeling in die Nuwe Testament en bestaan uit die volgende boeke: Korintiërs; Galasiërs; Efesiërs; Filippense; Kolossense; Tessalonisense; Timoteus; Titus; Filemon; Hebreërs; Jakobus; Petrus; Johannes en Judas
Ysbreker: Boek ordes: Gee vir elke groep ‘n Ou Testament en Nuwe Testament kaart. Gee al die boeke in die Ou Testament en gee al die boeke in die Nuwe Testament. Hulle moet nou die boeke onder die twee kaarte rangskik in die regte orde. (Indien jy sien dat die kinders sukkel om die boeke maklik onder die knie kry, kan jy of vir twee weke stilstaan by dieselfde aantal boeke, of meer boeke byvoeg wat hulle moet rangskik. Pas die speletjie aan volgens jou groep.)
Inleiding: In hierdie les gesels ons verder oor die boeke in die Nuwe Testament, die volgende afdeling is die Briewe aan die Gemeentes. Daar word bietjie oor die verskillende soorte pos gepraat wat mens kry, en watter belangrike is en watter doel elkeen het bv. advertensie pamflette, rekeninge en persoonlike briewe of kaartjies.
Aktiwiteit: Bemoedigende brief: Elke groep kry kans om ‘n spesiale, bemoedigende brief aan ‘n christen in ‘n ander land te skryf. Elke groep kry kan om die brief vir die grootgroep te lees.
Die spesiale brief wat die kinders geskryf het laat ons dink aan die briewe wat in die Bybel is. Soos die apostels gepreek het, het meer en meer mense tot bekering gekom. Party apostels het in Jerusalem gebly en in die Joodse sinagoges vir die mense van Jesus geleer. Ander het na ander nasies gereis, hulle van Jesus geleer en kerke gestig.
Die Apostels kon nie by elke kerk bly wat hulle begin het nie, daarom het hulle vir die kerke briewe geskryf. Deur hulle briewe te lees, het die nuwe Christene meer verstaan oor God, hulle is bemoedig en het instruksies gekry oor hoe om ‘n lewe te lei wat God tevrede stel.
Groepwerk: Elke groep kry ‘n aantal aktiwiteite wat hulle moet voltooi om hulle ‘n beter idee te gee van waaroor die briewe gaan.
Aktiwiteit 1: Kyk na die verskillende groete van die briewe.
Aktiwiteit 2: Vrugte van die Gees woordsoek.
Aktiwtieite 3: Wapenrusting – pas die verskillende dele bymekaar.
Aktiwiteit 4: Praktiese raad uit die Boek Jakobus
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/