AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
18. Nuwe Testament – Briewe aan die Gemeentes
Hierdie is die agtiende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons die Briewe aan die Gemeentes in die Nuwe Testament nl. Korintiërs; Galasiërs; Efesiërs; Filippense; Kolossense; Tessalonisense; Timoteus; Titus; Filemon; Hebreërs; Jakobus; Petrus; Johannes en Judas.
Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste 21 boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.
Inleiding: In hierdie les gesels ons verder oor die boeke in die Nuwe Testament, die volgende afdeling is die Briewe aan die Gemeentes. Daar word bietjie oor die verskillende soorte pos gepraat wat mens kry, en watter belangrike is en watter doel elkeen het bv. advertensie pamflette, rekeninge en persoonlike briewe of kaartjies.
Aktiwiteit: Bemoedigende kaartjie: Elke kind kry kans om ‘n spesiale, bemoedigende kaartjie te maak wat hulle na kerk vir iemand moet gee.
Die spesiale kaartjie wat die kinders gemaak het laat ons dink aan die briewe wat in die Bybel is. Hierdie briewe is aan kerke geskryf om vir hulle meer van God, Jesus en die Heilige Gees te vertel. Al is hierdie briewe lank terug vir kerke geskryf is dit belangrik vir ons om dit te lees, omdat ons daaruit kan leer.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
18. Nuwe Testament Briewe – Boeke van die Bybel
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/