Bybelvasvra 1: Idees

1. groot - idees

‘n Bybelvasvra bly een van die lekkerste ‘funaande’ om met kinders of grootmense te doen. Wanneer dit by sulke geleenthede kom kan jy lekker uit die ‘boks’ uit dink en dit pret maak. ‘n Bybelvasvra hoef nie ‘n klomp mense te wees wat op stoele sit en ‘n klomp vrae uit die Bybel antwoorde nie.

Met hierdie post wil ons begin om julle koppe aan die dink te kry, sodat julle dit pret kan maak vir die wat dit bywoon. Dis tyd dat ons kinders (en grootmense) weer leer watter amazing Boek dit Bybel is, en dit gaan ons nie BINNE die boks regkry nie, net BUITE die boks.

Idee 1: “Phone a friend”

Ons het so paar jaar gelede ‘n Jeug Funaand in die vorm van ‘n Bybelvasvra met ons EPIC Jeug kinders gehou. Die kinders kon hulp in die vorm van veelkeusige vrae inroep deur ‘n handjie teken op te steek, of  die “Phone a friend” opsie uitoefen, waar ‘n leier met ‘n Bybelvers kom help het, wat die kinders dan self moes opsoek.

Ons het algemene, maklike vrae gevra, en meer ongewone vrae om die kinders te kry om in hulle Bybels rond te krap, maar ook te ontdek hoe interessant die Bybel is.

Idee 2: Aasjag

‘n Aasjag (scavenger hunts) is een van daai lekker goed om jou kinders te laat doen wat nie voorbereiding van jou nodig het nie. Jy steek niks weg soos met ‘n skattejag nie, maar gebruik alles wat reeds rondom jou is. Jy gee vir die deelnemers ‘n blaai met Bybelverse op wat hulle moet lees, jy los ‘n woord uit, en hulle moet dit gaan soek wat uitgelos is.

Idee 3: Tic – Tac – Toe

Hierdie speletjie is dalk beter bekend as 0 en X. Wie van ons het dit nie as kind gespeel nie, en weet jy ons kinders speel dit vandag nog. Jy kan ‘n spesiale bord vir hierdie Bybelvasvra maak, of jy kan bloot vrae aan die groepe vra soos hulle ‘n X of O trek, of wen of verloor. Jy kan jou eie reëls daarvoor opmaak.

Vir hierdie weergawe geld dieselfde reëls as vir die oorspronklike speletjie, maar i.p.v jou 0 of X in die blokkies trek skryf Bybelfigure se name. Voordat jy jou merker op die blokkie mag sit, moet jy eers ‘n vraag oor die Bybelfiguur antwoord. Daar is drie vrae vir elke Bybelfiguur sodat jy die speletjie meer as een keer kan speel.

Idee 4: Emoji’s

Bybel Emoji’s is een van die lekkerste maniere om Bybelkennis by kinders vas te lê en sommer lekker oor die Bybel te gesels. Jy kan kaartjies print en die groepe moet raai watter Bybeldeel dit voorstel. Jy kan selfs ‘n klompie vrae oor elke Bybeldeel uitwerk wat hulle moet antwoord wanneer hulle die Bybeldeel reg geantwoord het.

Idee 5: Charades

Ek onthou hoe ons as kinders dit altyd gespeel en geniet het, maar soos tegnologie die wêreld begin oorneem het, het ou treffers soos hierdie êrens langs die pad verlore begin raak. Ons het dit onlangs met ons kinders gedoen het was VERSTOM om te sien hoe hulle dit geniet! Die tyd was heeltemal te min vir hoeveel pret hulle hiermee gehad het!

Soos met die Emoji’s kan jy by elke Bybeldeel of Bybelfiguur ‘n klompie vrae reghê wat hulle moet antwoord wanneer hulle reg geantwoord het.

Idee 6: Bybelverse

Ons het ‘n baie oulike “Bybelvers Woord Speletjie” wat jy ook as deel van ‘n Bybelvasvra kan gebruik. Die Bybelversies wat gebruik word, word deur middel van prentjies uitgebeeld en die deelnemers moet raai watter Bybelvers dit is.

Idee 7: Matching Games

Matching Games is seker een van die lekkerste maniere om ‘n tema aan kinders voor te stel. Vir matching games het jy ‘n stel kaartjies met prentjies nodig, en ‘n stel met beskrywings. Die deelnemers moet dan die regte prentjie met die regte beskrywing ‘match’.

Idee 8: Dress-up

Gee vir elke groep ‘n karakter uit die Bybel se naam en ‘n klomp klere om iemand of almal mee ‘op te dress’. Maak seker daar is iets kenmerkends by sodat dit vir die ander ‘n leidraad sal wees. Jy kan ‘n fisiese artikel gee bv. ‘n rooi tou vir Josua, of ‘n prentjie van iets, bv. ‘n haan vir Petrus.

Laat die ander groepe raai watter Bybel karakter hulle voorstel, en hou dan ‘n klomp vrae reg wat die groep wat bv. Petrus speel vir die ander groep moet vra. Die kinders is mal daaroor om betrokke te wees en nie net toeskouers te wees nie!

Hierdie is maar net ‘n paar van die vele maniere waarop jy ‘n Bybelvasvra op ‘n interessante manier kan aanbied. Jy kan vrae vra, PowerPoints gebruik of die vrae op kaartjies hê en groepe moet kyk wie die vrae die eerste kan beantwoord. Die punt is  raak kreatief, daar is soveel intressante maniere waarop ons ons kinders en grootmense se koppe weer aan die dink kan kry.

Hou gerus die Blog dop vir ons volgende Bybelvasvra posts!

Volg die skakel hieronder na ons ander Bybelvasvra hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybelvasvra/

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s