AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
17. Nuwe Testament – Geskiedenis boek
Hierdie is die sewentiende les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. In die vorige les het ons stilgestaan by die Evangelies in die Nuwe Testament, in hierdie les kyk ons kortliks na die Geskiedenis boek Handelinge, net om bietjie beter te verstaan waaroor dit gaan. Hierdie les is aangepas uit Ministry to Children.com.
Hierdie is die tweede Afdeling in die Nuwe Testament en bestaan net uit die boek Handelinge. In hierdie boek leer ons meer oor hoe die kerk gebore is. Dit is geskryf deur Lukas – dieselfde Lukas wat ook die boek Lukas in die Evangelies afdeling geskryf het.
Ysbreker: Boek ordes – Elke groep kry ‘n Ou en Nuwe Testament kaart, met nog vyf boeke van die Ou en al die boeke van die Nuwe Testament by. Hulle moet die boeke onder die twee kaarte in die regte volgorde rangskik. Ons gaan elke week die speletjie doen en boeke byvoeg totdat hulle al die boeke in die Bybel gekry het om te rangskik.
Groepwerk: Elke groep kry ‘n aantal uitdeelstukke oor die inhoud van die boek Handelinge, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/