AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
17. Nuwe Testament – Geskiedenis Boek
Hierdie is die sewentiende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons die Geskiedenis boek in die Nuwe Testament nl. Handelinge
Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste 18 boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.
Inleiding: In hierdie les gesels ons verder oor die boeke in die Nuwe Testament, die volgende afdeling is ons weer ‘n Geskiedenis boek. Ons noem hierdie boek Handelinge. In hierdie boek leer ons meer oor hoe die kerk gebore is.
Ysbreker: Verjaarsdag maande: Gee die kinders kans om te soek na ander kinders wat in dieselfde maand as hulle gebore is.
Hierna word die verhaal van die uitstorting van die Heilige Gees vertel, die begin of geboorte van die kerk. In die les word speletjies gebruik om moeilik konsepte rondom die uitstorting aan die kinders te verduidelik terwyl die verhaal vertel word.
Aktiwiteit 1: Servet blaas: Gee vir elke kind ‘n servet. Hulle moet nou vir 50 sekondes die servet in die lug hou deur dit net te blaas. Hulle moes hard blaas, amper soos daardie wind moes geklink het wat die dissipels gehoor het.
Die vuurvlammetjies wat bokant elkeen se kop verskyn het, het hulle nie gebrand nie, maar was ‘n teken dat die Heilige Gees gekom het.Toe help die Heilige Gees almal wat daar is om in vreemde tale te praat.
Aktiwiteit 2: Groet mekaar: Gee vir elke groep een groet in ‘n ander taal om gou te oefen. Gee nou vir elke groep kans om hulle groet vir die ander groepe te sê. Sodra elke groep ‘n beurt gehad het, laat al die groepe hulle groet 5 maal na mekaar saam sê.
Aktiwiteit 3: Dominoes: Elke kind kry ‘n domino, op die leier se domino is ‘n mannetjie met ‘n kruisie. Die mannetjie is die begin van die domino ry en van daar kan elke kind hulle domino kom neersit agtermekaar om ‘n lang ry te maak. Stamp die dominoes om.
Van daardie dag af het die kerk gegroei en gegroei. Die mense wat hulle harte vir Jesus gegee het (soos ons eerste domino), het ander vertel en hulle het ander vertel en so het baie mense ook vir Jesus hulle harte gegee.
Die Heilige Gees help ons as Jesus se kerk vandag nog om ander van Hom te vertel. Hoe kan ons die week Jesus met ander mense deel?
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
17. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdeling van die Nuwe Testament – Geskiedenis boek
17. Nuwe Testament Geskiedenis – Boeke van die Bybel
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/