Saalopening: 15. Wat is jou fondasie?

15. groot

Hierdie is ons vyftiende Kort boodskap, Saalopening idee.

Wat is jou fondasie?

‘n Fondasie is iets waarop ons ‘n huis bou.  Ons kan nie sien hoe ‘n huis se fondasie lyk as ons in die straat ry nie, want dis onder die grond, maar dis die belangrikste deel van die huis.  As jou huis se fondasie swak is, dan is jou huis swak en gaan jy probleme met jou huis hê.

Ons elkeen bou ons lewenshuise op iets.  Party bou dit op Jesus wat die rots is net soos die wyse man en party bou dit op verkeerde dinge, dinge wat belangriker vir hulle as God is.  Hulle is dan soos die dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

Die mense wat hulle lewenshuisie op Jesus bou, en doen wat Jesus sê soos wat ons in die Bybel lees, hulle sal deur die storms kom, want hulle fondasie is sterk.  Hulle fondasie is Jesus.

Die wat hulle lewenshuise op verkeerde dinge bou, wat Jesus se woorde hoor en kies om dit nie te doen nie, gaan ‘n groot probleem hê.  Hulle lewenshuise gaan platval omdat hulle fondasie swak is.

Die baie belangrike vraag is dan:  waarop is JOU huisie gebou?

Illustrasies:

Hierdie kort boodskap, saalopening het twee baie treffende illustrasies wat help om die konsep van fondasie aan die kinders te verduidelik.

Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:

15. Saalopening – Hoe lyk jou fondasie

Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s