Sondagskool Les: 16. Die Bybel – Die Evangelies

16. groot - die evangelies

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

16. Die Evangelies

Hierdie is die sestiende les in die Sondagskool Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons Die Evangelies in die Nuwe Testament.

Ysbreker: Boek ordes – Elke groep kry ‘n Ou en Nuwe Testament kaart, met nog vyf boeke van die Ou en al die boeke van die Nuwe Testament by. Hulle moet die boeke onder die twee kaarte in die regte volgorde rangskik. Ons gaan elke week die speletjie doen en boeke byvoeg totdat hulle al die boeke in die Bybel gekry het om te rangskik.

Die formaat van hierdie les is so bietjie anders as die voriges, in hierdie les leer die kinders deur middel van speletjies.

Inleiding: Ons begin in hierdie les te gesels oor die boeke in die Nuwe Testament. Die Ou Testament gaan oor die tye voor Jesus gebore is en die Nuwe Testament begin met Jesus se geboorte.  In hierdie les kyk ons na die eerste vier boeke van die Nuwe Testament wat die Evangelies genoem word.

Evangelie beteken “goeie nuus”.  Die Bybelboeke Matteus, Markus, Lukas en Johannes vertel ons van Jesus – die goeie nuus dat Hy aarde toe gekom het om ons te leer van God en om te sterf vir ons sondes.

Aktiwiteit 1:  Jesus Nativity left/right speletjie. Tydens hierdie speletjie word die verhaal van Jesus se geboorte gelees terwyl die kinders links of regs moet aangee volgens wat gelees word.

Aktiwiteit 2:  Vissers van mense: Die kinders vang vissies met strooitjies. Jesus het 12 vriende gekies wat oral saam met Hom gegaan het.  Hulle word Sy 12 dissipels genoem.  Van hulle was vissermanne, maar Jesus het hulle geleer om vissers van mense te wees.  Dit beteken dat Jesus hulle geleer het hoe om ander mense van Hom te vertel.

Aktiwiteit 3:  Voltooi die storie:  Gee vir elke groep ‘n ‘maak die storie klaar’ uitdeelstuk. Hierdie aktiwiteit illustreer aan die kinders dat Jesus met mense deur middel van stories gepraat het, wat die Bybel gelykenisse noem.

Aktiwiteit 4:  Wonderwerke – Onderstebo glas:  Die Evangelies is vol van die wonderwerke wat Jesus gedoen het toe Hy hier op aarde was.

Aktiwiteit 5:  Ontravel die woorde – Jesus se dood en opstanding: Jesus het wonderlike dinge hier op aarde gedoen, maar eintlik het Hy gekom om aan die kruis vir ons sondes te sterf.

Jesus het na drie dae uit die graf opgestaan.  Daardie graf is leeg.  Hy het na 40 dae opgevaar hemel toe waar Hy besig is om vir al Sy kinders plek reg te maak.  Voor Hy hemel toe is het Hy vir Sy vriende gesê om vir ander te gaan vertel dat die graf leeg is, dat Hy leef en dat hulle in Hom moet glo, maar daaroor sal ons volgende week meer gesels.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

16. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Nuwe Testament – Die Evangelies

17. right-left-christmas-game-nativity-story

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

 

 

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s